Praktiese “Hands On” Dag tot Dag hulp

Almal het raad, oral kan jy boeke by dosyne kry oor hoe om my lewe te verbeter wat om hier te doen en wat om daar te doen, tot jy kom by jou eie lewe, hoe pas ek die goed toe in praktyk, maklik om te skryf wees positief, beplan, kry doelwitte ens, ens ens, maar hoe in dees aarde doen ek dit in die praktyk. Julle ken almal die situasies, my kind luister nie as ek praat nie, my kind jok vir my, my man of vrou skel aanmekaar, ek dink ek doen goed net om uit te vind ek het weer droog gemaak. Hoe hanteer ek al die goed. Ek gee nie om hoe ander mense dit hanteer nie, of wat hulle gedoen het nie ek is anders, hoe hanteer ek myne.

Ek het beslis nie vir jou raad of antwoorde nie, maar jy het, ek kan jou help om daai antwoorde by jouself te kry en prakties elke dag toe te pas en jou kry om daarby te hou. Al wat ek kan bied is eerlikheid, ek gaan beslis nie jou gevoelens spaar nie, en ondersteuning soos jy nog nooit ervaar het nie.

Vir praktiese “hands on” ondersteuning stuur e-pos of SMS en ons sal jou kontak.

Share

Is jou verhouding op die rotse, Wat vernietig verhoudings? 4

In ons reeks oor wat ons verhouding vernietig het ons reeds gekyk na selfsugtige eise wat ons aan mekaar stel. Ons het gesien Kobus het Karin geforseer om seks te beoefen al wou sy nie aangesien een van haar top emosionele behoeftes nie bevredig is nie en sy nie op daai stadium liefde ervaar het vir Kobus nie. Die geheim van selfsugtige eise is dat ons dit sal verander na ‘n versoek met inagneming van die ander se gevoelens.  Dink net hoe wonderlik sou dit gewees het as Karin vir Kobus kon reguit  se sy het nie behoefte aan omgang nie en Kobus haar ordentlik gevra het hoekom nie en sy reguit sonder vrees kon antwoord dat sy afgeskeep voel.

En dis hier waar die kern van alle probleme is. Ons ken mekaar nie werklik nie, ons verstaan nie mekaar se behoeftes nie en is te bang om openlik oor die behoeftes te gesels aangesien ons bang is ons maak die ander persoon seer of die gesprek ontketen ‘n bakleiery.

So wat is die top tien emosionele behoeftes. Hierdie is slegs ‘n riglyn en daar is nog baie,  maar uit navorsing is dit duidelik dat hierdie tien die mees algemene by mans en vrouens is, die groot verskil is egter, die orde waarin hulle rangskik word verskil verskriklik tussen mense en nog erger tussen mans en dames.

So hier is die tien, kyk watter is vir jou belangrik en merk in  prioriteit van een tot tien.

Toegeneentheid- Uitdrukking van liefde deur drukkies, kaartjies, blomme, oproepe ens.

Seksuele vervulling – Om mekaar se seksuele behoeftes te verstaan en mekaar in ag te neem rakende dit.

Gesprekvoering – Om elke dag tyd toe te laat om met mekaar te gesels en te deel wat gebeur het deur die dag sonder onderbreking.

Ontspannings kameraadskap – Om te verstaan wat elkeen se voorkeur is wanneer dit kom by ontspanning en buitemuurse aktiwiteite en dit saam te doen.

Eerlikheid en openheid – Om te alle tye eerlik te wees en openlik oor jou verlede en oor wat jy bedags doen en wanneer julle nie saam is nie.

Fisiese aantreklikheid – Om te weet wat jou eggenoot verwag van hoe jy moet lyk en te alle tye te probeer om hom of haar gelukkig te maak wat dit aanbetref.

Finansiële ondersteuning – Om te sorg dat finansies voldoende is en alles op datum betaal en gedoen is.

Huishoudelike ondersteuning - Om tuiste te skep waar almal ontspanne en veilig kan voel en mekaar ondersteun in wat gedoen moet word.

Familie verpligtinge – Om genoeg tyd toe te laat om betrokke te wees by familie aangeleenthede soos kinders versorg ens.

Weet jy watter een van hierdie tien die belangrikste is vir jou maat of aanvaar jy sommer wat belangrik is. Indien ons weet wat elkeen se behoeftes is kan ons onsself aanpas om daai behoeftes te bevredig en op die manier deponeer ons weer eenhede in daai emosionele bank.

Share

Is jou verhouding op die rotse, Wat vernietig verhoudings? 3

Die huwelik is seker een van die moeilikste verhoudings waarin mens kan staan. By enige ander verhouding waarin jy betrokke is kan jy die deponeer of onttrek van eenhede uit jou emosionele bank beheer. Hoe doen mens dit? baie eenvoudig indien jy te doen het met iemand wat jou irriteer beweeg jy net weg van daai persoon. Deur dus meer of minder kontak met ‘n persoon te hè beheer jy op ‘n manier die onttrek en deponeer van eenhede in jou emosionele bank. In die huwelik egter word ons saam gegooi in ‘n geslote verhouding en dit is baie moeilik om sommer net weg te beweeg. Indien jou maat iets doen wat jou irriteer gebeur dit oor en oor en daarom is dit so belangrik dat ons mekaar verstaan en  wat die klein jakkalsies is wat ons liefde steel sodat ons daaraan kan werk en die irritasie kan wegneem.

Dan is daar natuurlik die twee persone, geer en nemer wat as twee aparte persone in die huwelik voorkom. In gewone verhouding is die persoon eintlik een met ‘n bietjie gee en ‘n bietjie neem in hom. Ongelukkig in die huwelik word die persoon twee wat meeding om die top pos in die huwelik te beklee. Ons is of ‘n geer of nemer en dit is baie gevaarlik. Terwyl jy nog die geer is gaan dit goed maar sodra daai ou die nemer oorneem is dit chaos, hy wil net hê en alles moet net gedoen word om hom te plesier.

Dit is dus belangrik dat ons bewus is daarvan dat die twee persone binne in ons skuil in ons huwelike, en sodra een totaal oordonder  sonder balans moet ons die gevaarligte sien aankom en daaraan werk om balans terug te bring.

Wat is die mees prominent by jou die geer of die nemer?

Kort voorbeeld hiervan, julle het dit al almal ervaar waar jou eggenoot basies enigiets kan doen en jy aanvaar dit net. Jy kry opdragte wat jy vir die ander moet doen en jy doen alles maar net ewe geneë. Dit is die geer in aksie, dan op ‘n dag se iets in jou kop vir jou, “maar hoekom moet ek alles doen?” dan steek jy vas soos ‘n donkie en jy is net dwars en omgesukkeld oor alles wat die persoon ou vra om te doen, dis die nemer in aksie.

Share
←Older   

Hosted by Excaload